ALBERTINIA NUUS - Inwoners het hand in eie sak gesteek om mekaar met kospakkies by te staan.
Een van hulle is Claudia Tereblanche, wat uit haar eie koskas voorraad vir ma's met kinders opgemaak het. Jeff Jullies het ook die nood raakgesien en kospakkies aan 10 huisgesinne voorsien.
'n Groep van 18 plaaslike spaza-winkeleienaars het pakkies ter waarde van R400 elk geskenk. Hulle het 37 daarvan op Saterdag 25 April uitgedeel. Volgens die winkeliers beteken die gemeenskap se steun vir hulle baie en daarom wil hulle met die kospakkies iets teruggee.
Die behoefte is egter nog groot. Sommige gesinne het aan Suid-Kaap Forum gesê hulle het nog geen bystand ontvang nie.
Tereblanche bedank elkeen wat moeite doen om pakkies op te maak. Enigiemand wat wil bydra kan haar by 072 137 0559 kontak of 'n WhatsApp-boodskap stuur en sy sal dit kom oplaai.
Die eienaars van spazawinkels by die kospakkies wat hulle geskenk het. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'