ALBERTINIA NUUS - Volgens die Tuinroete Distriksmunisipaliteit het ’n veldbrand vangoggend 8 November, naby die N2 by Albertinia uitgebreek. Teen 11:20 was die brand sowat 70% onder beheer.
Brandbestrydingseenhede van die Hessequa Munisipaliteit, die Tuinroete Distriksmunisipaliteit se Riversdal-span, asook vrywillige brandbestryders van Albertinia, is sedert vroegoggend in aksie om die brand volledig te blus.
Inwoners word versoek om enige nuwe veld- of wegholbrande onmiddellik aan te meld by die GRDM Noodoproepsentrum by 044 805 5071 of via WhatsApp by 081 709 5193.
Video: GRDM
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’