ALBERTINIA NUUS - Die museum het ’n mini-uitstalling in Albertinia se biblioteek opgesit om die erfenistema van die openbare vakansiedag, Erfenisdag op 24 September onder die publiek se aandag te bring.
Lettie Malan is in 1904 met Louw Erasmus, 'n welgestelde boer, getroud. Haar pa was uit die Swellendam-distrik afkomstig. Haar moeder, Hannie Malan, het spesiaal vir die geleentheid haar dogter se trourok en bruidsuitset uit Parys, modehoofstad van die wêreld laat kom.
Die oorspronklike trourok was van ivoorkleurige sy en kant. 'n Replika van die trourrok, maar as ’n kerkrok of deftige dagrok en ander items word tydelik in die Albertinia Biblioteek uitgestal om mense van ons erfenis bewus te maak en aan te moedig om die museum te besoek.
1904 is die jaar wat Albertinia se stigting as dorp gedenk, so die rok wys hoe modieuse vroue in daardie tyd sou aangetrek het. Die museum wil ook hiermee mense uitnooi om ’?n draai by die museum te maak waar allerhande interessante erfstukke uit die verlede te siene is.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'