RIVERSDAL NUUS - Dit gebeur gereeld dat 'n skool en of twee tweelinge inneem. Maar agt is raar. Maar dis presies wat vanjaar by Laerskool Volschenk in Riversdal gebeur het toe agt tweelinge by hul gr. 1-klasse ingeval het.
Dis 'n rekord wat seker moeilik verbeter gaan word.
Maar spaar 'n flentertjie meegevoel vir die arme onderwysers wat dalk meer as een tweeling in hul klas moet onderrig.
Dit kan aanvanklik dalk 'n Babelse verwarring afgee.
Katelyn en Shay Bekker.
Die tweelinge is agter van links: George en Franko Jordaan, Wium en Nika Oosthuizen, Sias en Marthinus van Wyk, Inge en Erhard Joubert. Voor: Johann en Margaret Rall, Zak en Isabella de Kock, Isabella en Phillip Jansen van Rensburg. Foto verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’