Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Een persoon is Sondag 22 September omstreeks 12:00 noodlottig beseer in 'n ongeluk waarin vier voertuie betrokke was.
Die ongeluk het sowat 10 km buite Albertinia in die rigting van Riversdal plaasgevind.
Die bestuurder van die Toyota FJ Cruiser, wat alleen in die voertuig was, is op die toneel dood verklaar.
Die Toyota, wat in die rigting Albertinia onderweg was, het na bewering oor die sperstreep gery. Hy het 'n wit Hyundai, wat in die teenoorgestelde rigting op pad was, getref en die deure aan die bestuurderskant afgeskeur. Die wrakstukke van die tweede voertuig het ten minste 200m ver langs die pad gestrooi gelê. Toe het hy die regtervoorkant van 'n donkergrys Landrover Discovery getref. Dié voertuig se regtervoorwiel het afgebreek en 'n wit Renault getref.
'n Man, sy ma en twee kinders in die Discovery, die egpaar in die Hyundai en die twee mense in die Renault het geringe beserings opgedoen, maar is origens ongedeerd.
Verkeer weerskante van die ongelukstoneel is ure lank opgehou terwyl die oorledene se liggaam uit die wrak verwyder is en deur die departement van gesondheid se forensiese patologie-afdeling van die toneel verwyder is.
'n Stop/ry-beheerpunt het die swaar langnaweekverkeer reguleer, maar die pad is met tussenpposes weer gesluit terwyl drie insleepvoertuie die vier wrakke verwyder het. Die N2 is teen 15:00 in albei rigtings oopgestel.
Kyk 'n video hieronder:
One person died in an accident involving four vehicles at 12:00 on the N2 between Riversdale and Albertinia. Eight people in the three other vehicles sustained minor injuries.
'n Man, sy ma en twee kinders wat in die Landrover gereis het, het geringe beserings opgedoen.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'