Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Een persoon is blykbaar noodlottig beseer toe vier voertuie in ‘n botsing betrokke was. Dit het op die N2 tussen Albertinia en Riversdal, digby Resiesbaan gebeur.
‘n Stop-en-ry is by die ongelukstoneel op die N2 in plek.
Van die beseerde persone word nog uit die voertuie gehaal en ambulanse is reeds daar om hulle na die hospitaal te neem.
Die aard van hul beserings is onbekend.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Botsing op N2 tussen Albertinia en Riversdal