HESSEQUA NUUS - Jy kan R500 per regulasie wat jy oortree beboet word.
Geen persoon mag afval sonder die skriftelike goedkeuring van die munisipaliteit brand nie.
Met die intree van afvalwetgewing in 2008 het dit elkeen se plig geword om besoedeling so ver moontlik te voorkom.
Vullisverwydering in munisipale gebiede word as een van die belangrikste aspekte beskou vir die vooruitgang van volhoubare omgewingsbestuur.
Vir plaasbewoners en/of eienaars is verbranding 'n algemene daaglikse praktyk.
Hessequa Munisipaliteit lewer tans 'n vullisverwyderingsdiens in die landelike areas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'