Gallery
HEIDELBERG NUUS - Leerders van die Heidelberg ABET-sentrum het tydens hul jaareind erkenningsaand onlangs in die Diepkloof-jeugsentrum sertifikate ontvang.
June Davids, prinsipaal, het die aanwesiges verwelkom en die leerders aangemoedig om nie terug te staan nie, maar elke geleentheid aan te gryp om hul omstandighede te verander.
“Beplanning is baie belangrik. Doen net wat jy moet doen en alles sal dan in plek val.”
Altesaam 16 leerders het hul onderskeie kursusse/vakke, waaronder vlak 4, gesondheidsorg, reis en toerisme, vroeër kindontwikkeling (VKO), Afrikaans, Engels en wiskunde voltooi.
Van die leerders is vanaf Riversdal en Melkhoutfontein. Nadia van Dyk wat nou in die Paarl werksaam is, het met 100% in VKO geslaag.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Petro Joseph (oud-Abetleerder en prinsipaal van haar eie kleuterskool), Isaac Langeveldt (gasspreker), June Davids (prinsipaal), Helene Hendricks (oud-leerder) en Henricus Gysman (gasspreker) was van die eregaste.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'