Video
HESSEQUA NUUS - Die bestuurders van onderskeidelik 'n Volkswagen Polo en Toyota-bakkie wat Saterdag, 27 Maart in 'n botsing by die Melkhoutfontein-afdraai op die R305 betrokke was, is na 'n hospitaal in George oorgeplaas.
Albei was ernstig beseer en was eers na Riversdal-hospitaal geneem.
Die ongeluk het om ongeveer 09:30 plaasgevind.
Volgens ao Morné D'Emiljo, kommunikasiebeampte van Stilbaai-polisie, blyk dit of die bestuurder van die Polo beheer verloor en tromp-op met 'n Toyota-bakkie gebots het.
"Die bestuurder van die bakkie het bors- en heupbeserings opgedoen, terwyl die ander bestuurder kopbeserings opgedoen het."
'n Saak van roekelose en nalatige bestuur is geopen.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'