RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal se 2020-matriekklas spog nie net met ‘n 100% slaagsyfer nie, maar ook met 12 A-gemiddelde kandidate.
Die skoolhoof, André Latsky het die skoolverlaters geprys vir hul harde werk, waar hulle bykans 100 skooldae weens die Covid-19 pandemie gemis het en aanlyn moes klas loop en studeer.
87 van die skool se 89 matrieks het met matriekulasievrystelling geslaag.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'