ALBERTINIA NUUS - Plaaslike tuiniers het op 1 November ’n welkome geskenk van die department van landbou, in samewerking met Casidra (Cape Agency for Sustainable Integrated Development in Rural Areas) ontvang.
Na ’n intensiewe keuring- en verifiëringsproses is die tuinmakers van basiese, noodsaaklike tuingereedskap voorsien om hulle werk te vergemaklik.
Hulle blydskap was opreg en die begunstigdes het hulle dank teenoor die departement, wykskomitee, rdl. Ivan Mangaliso en alle rolspelers uitgespreek.
Aansoeke vir nuwe tuinmakers in die gemeenskap gaan binnekort beskikbaar gemaak word vir volgende jaar se toekennings.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'