Update
HEIDELBERG NUUS - Dié dorp se biblioteek het Dinsdag 25 September groot feesgevier omdat dit hul 25ste bestaansjaar was.
In 'n klein kamertjie is die biblioteek al in 1931 gestig waarna hul reeds vir 87 jaar boeke aan die blaai gehou het.
Die biblioteek is in 1997 na Van Riebeeckstraat verskuif waar dit tot vandag steeds is.
In samewerking met Niël Rademan is boeke, musiek en kuns in Heidelberg se Hessequa Harmonie Fees gevier. Fokus is die Dinsdag na die biblioteek verskuif om dié groot mylpaal te vier deur onder andere boeke en lees. Boekvoorlesings, sing van kinderliedjies, stories lees, klassieke musiek, drama- en onderhoudvoering is van die aktiwiteite wat plaasgevind het.
Hessequa-munisipaliteit wens die biblioteek geluk met hierdie mylpaal en wens hulle nóg 87 jaar toe.
Biblioteekpersoneel het die gemeenskap vir hul jarelange ondersteuning bedank en gesê dat inwoners by hulle kan inloer om hulle geluk te wens.
Onderhoud met Helena Gunter (skrywer) deur Elsabé Daneel (aktrise, voordragkunstenaar en aanbieder).
Aletta Sutherland lees 'n kinderstorie vir die kleuters.
Lees 'n vorige artikel hier: Dit is 'n fees om by biblioteek te lees
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'