STILBAAI NUUS - Pragtige kunswerke in 'n imposante huis in Stilbaai-Oos reg teen die Goukourivier sorg vir 'n unieke ervaring.
Weke se harde werk het uiteindelik gerealiseer toe die Gratitude Kunsuitstalling Dinsdagaand 18 Junie in Hoofweg-Oos no 11 geopen het.
Pragtige kunswerke van Louis Hiemstra, Sonja Margerison, Marina Stadler en vele ander is regdeur die huis te sien, selfs in klerekaste, die kombuis, badkamer en elke beskikbare hoekie.
Die uitstalling is elke dag oop vanaf 10:00 tot 17:00, duur tot 6 Julie en is regtig iets wat jy nie mag mis nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’