LEEFSTYLNUUS - Baie mense vra hoekom hulle moet oorweeg om bloed te skenk.
Hier is 'n paar goeie redes:
- Elke bloedskenking kan minstens drie mense se lewens red;
- Wanneer jy bloed skenk, kry jy ook 'n mini-mediese ondersoek omdat jou hemoglobienvlak (HB/yster), jou bloeddruk en algemene gesondheid getoets word;
- Dit help jou om gesond te bly. Indien jy byvoorbeeld 'n lae HB-vlak het, word 'n volle bloedtelling geneem en jy sal moontlik aangeraai word om 'n dokter te besoek wat sal vasstel of jy dalk aan bloedarmoede ly.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'