RIVERSDAL NUUS - Hoewel nuwe en gereelde skenkers hul moue in Oktober vir die bloedbank opgerol het, bly bloedvoorraad laag.
Talle skenkers het hul vierde skeningsmylpaal bereik. Die gemeenskap het dié keer teleurgestel omdat ’n skenkerstotaal van meer as 100 gewoonlik aangeteken word en net 91 kon skenk.
Van die 99 mense wat probeer skenk het, kon slegs 85 gereelde en ses nuwe skenkers wel skenk.
Leerders van Hoërskool Langenhoven het tougestaan om te skenk en elke skenker het ’n sonbril met ’n wit raam ontvang. Gereelde skenkers van dié skool was 37 in totaal en 15 nuwe skenkers het aangemeld.
Skenkers kan weer by die burgersentrum vanaf 15:00 op Donderdag 13 Desember gaan skenk.
Hoewel Anita Peens slegs een arm het, gebruik sy dit om bloed te skenk. Wat is jou verskoning?
Anami du Plessis het vir haar 10de keer geskenk. Sy ontvang dan ook ’n geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'