Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Op 22 Junie 1993, Vrydag presies 25 jaar gelede, het Albertus Scholtz (73) ’n volledige hartoorplanting in die Grootte Schuur-hospitaal ondergaan en dié nuwe hart klop steeds sterk.
Vanjaar, soos die afgelope paar jaar het vriende en familie tesame met sy vrou Jeannie met wie hy reeds 43 jaar getroud is dié mylpaal en sy lewe gevier deur ’n spesiale geselligheid te hou.
Soos die afgelope paar jare word ’n groot koek gebak wat sy lewe nou uitbeeld, waarin almal kan deel om sy lewe te vier.
Tot redelik onlangs kon pasiënte met verswakte harte net hoop dat ’n geskikte skenkerhart betyds vir hulle beskikbaar sou wees, maar danksy die werk van kardiale chirurge soos dr. Koen, wat reeds vir sowat 13 jaar kunsmatige harte in pasiënte met hartkwale gebruik, is daar nuwe hoop vir dié pasiënte.
Om meer uit te vind oor orgaanskenking of om ’n orgaanskenker te word, besoek die webtuiste http://odforg.za.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'