TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
ongebreideld b.nw., ongebreidelde. Ook soms ongebreidel. (< Ndl. breidel “toom”)
1 Onbeteueld: Ongebreidelde ambisie, bevolkingsaanwas, drifte, fantasieë, gedrag, geesdrif, krag, mag. Haar ongebreidelde emosie, gasvryheid, skaterlag, verbeeldingskrag, woede. Ongebreidelde prysmededinging, stedelike groei. 'n Ongebreidelde strewe na vooruitgang. Die ongebreidelde geloof in die almag van die wetenskap. ≈ Haar gevoel vir hom is primitief — daarom soms heeltemal ongebreideld — soos daardie aand toe hulle alleen op die plaas was (W.A. de Klerk: Komedie, 1955, 163).
2 Enigsins losbandig: 'n Ongebreidelde gefuif, leefwyse.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'