HESSEQUA NUUS - Die Suid-Kaap Forum ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief. Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Iesegrimmig byvoeglike naamwoord - Knorrig, nukkerig, nors.
Uit Nederlands iezegrimmig, ’n afleiding met -ig van iezegrim. Nederlands iezegrim kom uit iser "yster" en grime "masker", met ander woorde "man met die ystermasker" of figuurlik "gedugte teenstander".
Ietermago selfstandige naamwoord - Ook ietermagog.
Reptielagtige, grondbewonende soogdier met ’n smal, spits kop, ’n breë, plat stert en growwe skubbe. Ietermago kom waarskynlik uit Tswana machocho "mier" of magogwe "ratel".
Die ietermago se eetgewoontes herinner aan dié van ’n erdvark of miervreter en sy verbreking van ’n miernes aan die manier waarop ’n ratel ’n bynes benader.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'