WITSAND NUUS - Na afloop van 'n vergadering tussen betrokke partye het Hessequa Munisipaliteit voorgeneem om die waterkrisis hier daadwerklik aan te spreek.
Op 16 Januarie is 'n geslote vergadering saam met Hessequa LPP, Denis Joseph gehou waartydens daar gekyk is na langtermynoplossings en ontwikkeling vir Witsand.
Die WPBBA het addissionele parkering en die aanbring van ekstra ablusieblokke aanbeveel om die ekstra vakansiegangers en dagbesoekers oor Paasnaweek en Kersfees te akkommodeer.