WITSAND NUUS - Die inwoners van Galjoenstraat sit met die sand in hul hare en weet nie herwaarts of derwaarts nie.
Die bewegende sandduine is ‘n bedreiging en beweeg al nader aan die huise. Die teer van Galjoenstraat is glad nie meer sigbaar nie.
Die Hessequa-munisipaliteit besef die erns van die saak, maar ongelukkig kan sand nie net voor die voet weggery word nie.
Daar is reeds omgewingsimpakstudies gedoen en die nuutste voorstelle deur ‘n hoogaangeskrewe spesialis op die gebied van duinebestuur het in 2022 ‘n voorstel wat baie prakties en logies is gemaak.
Dit is voorgelê aan die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, maar die departement het dit nie aanvaar nie en die omgewingsmagtiging moet eers gewysig word voordat enige werk gedoen kan word.
Die duin skuif al nader.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’