Update
WITSAND NUUS - Na aanleiding van verlede week se voorbladberig, Kommer oor ontsoutingsaanleg op Vrydag, 4 Februarie in Suid-Kaap Forum het Hessequa-munisipaliteit gemeld dat die tegniese dienste-afdeling besig is om 'n verslag saam te stel oor die werking en instandhouding van die ontsoutingsaanleg.
'n Persverklaring is dieselfde middag vrygestel waarin die munisipaliteit noem dat die ontsoutingsaanleg gedurende Desember nie in werking gestel was nie omdat 'n bestaande boorgat, asook Overberg Waterraad voldoende water gelewer het om Witsand gedurende die vakansieseisoen van water te voorsien.
"Die ontsoutingsaanleg was vanaf 31 Januarie 2022 weer in bedryf gestel om gedurende die dag water te suiwer en gedurende die nag voorsien die boorgatwater aan die munisipale reservoirs," lui die verklaring.
As gevolg van die uitermatige hoë temperature gedurende Januarie was die aanleg as voorkomingsmaatreël weer in gebruik geneem.
"Die begroting vir 2022/23 het voorsiening vir die instandhouding van die ontsoutingsaanleg gemaak. Die elektriese kostes by die aanleg is hoog en daarom sal dit slegs in werking gestel word gedurende krisistye en vakansies."
Die persverklaring is afgesluit met: "Die munisipaliteit verseker die inwoners van Witsand dat die aanleg ten volle operasioneel is en dat dit die nodige uitkomste bied waarvoor dit aanvanklik opgerig was."
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'