RIVERSDAL NUUS - Een van die eienaars van Aloeridge Cash Store is Saterdag 23 Februarie met ’n mes gesteek en beroof.
Die verdagte het omstreeks 17:50 by die winkel ingestap en hom met ’n mes gedreig.
’n Struweling het ontstaan en het die verdagte die 45-jarige man in sy nek en arm gesteek. Twee sake is geopen.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'