HESSEQUA NUUS - Net die doelgerigte optrede van brandbestryders het ‘n ramp tydens drie veldbrande wat gelyktydig in Hessequa gewoed het, verhoed.
Volgens Marlene Nqumse (kommunikasiebeampte Garden Route-distriksmunisipaliteit (GRDM)) was die stormsterk wind wat op Donderdag 9 Julie gewaai het, die rede waarom die drie beheerde brande hand uitgeruk het.
GRDM bedank Working on Fire, die South Cape Fire Protection Agency, Hessequa-munisipaliteit en plaaslike grondeienaars vir hul hulp.
Lees meer Vrydag in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'