MELKHOUTFONTEIN NUUS - Vyftig werksgeleenthede is reeds sedert die sooispit-geleentheid twee weke gelede met die behuisingsprojek op Melkhoutfontein vir plaaslike inwoners geskep.
Die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers sê in 'n persverklaring dat fase 1 van die projek tans aan die gang is.
“Hierdie projek met 'n begroting van R136 miljoen behoort teen Februarie 2023 voltooi te wees en in hierdie tyd sal swaar op plaaslike arbeid geleun word,” het hy benadruk.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'