HESSEQUA NUUS - Die volgende wenke is deur die polisie verskaf om te voorkom dat jy 'n slagoffer van misdaad word:
- Moenie vensters sonder diefwering en waardeur maklik toegang verkry kan word, laat oopstaan nie.
- Moenie deure sonder toesig laat oopstaan nie, hou dit toe en gesluit.
- Moenie geslote deure oopmaak as jy nie weet wie geklop of die klokkie gelui het nie, vra eers wie dit is.
- Wees bewus van 'n veilige vertrek in die huis om as skuilplek te dien in 'n noodgeval.
- Moenie waardevolle items soos juweliersware, sleutels en beursies sigbaar in die huis laat rondlê nie.
- Verwys bedelaars verkieslik na Badisa, eerder as om voedsel, klere of geld aan hulle te gee. Skenk dit eerder aan Badisa.
- Hou rekord van die identiteitsnommers van alle werkers wat die eiendom betree.
- Wees bedag op bedrog via elektroniese media.
- Oorweeg die plasing van 'n geskikte brandblusser binne bereik van elektriese of gasstowe indien 'n brand sou ontstaan.
- Oorweeg die verkryging van 'n goed toegeruste eerstehulpkissie.
- Oorweeg die gebruik van 'n kluis om waardevolle items te beveilig.
- Oorweeg die installasie van diefwering op kwesbare vensters.
- Oorweeg die installasie en gebruik van veiligheidshekke by hoofingange na die tuiste.
- Oorweeg die installasie en gebruik van 'n alarmstelsel (verkieslik gemoniteer).
- Sluit by 'n buurtwag aan.
Buite om jou huis
- Hou onbewaakte motorhuisdeure toe en gesluit.
- Hou onbewaakte voertuie se vensters en deure gesluit.
- Moenie waardevolle items onbewaak op die werf laat rondlê nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'