RIVERSDAL NUUS - Wêreldbloedskenkdag word hierdie jaar Donderdag 14 Junie op Riversdal gevier.
Die Ster Kinekor-promosie sal voortgaan waar een gelukkige skenker van elke kliniek 'n dubbel 2D-fliekkaartjie sal losslaan.
Wanneer jy vier keer vanjaar geskenk het, sal jy 'n sakkie ontvang ideaal vir jou kosblik.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 65 is, meer as 50 kg weeg, gesond is op die dag van skenking en 'n veilige seksuele leefstyl handhaaf, behoort jy by die burgersentrum vanaf 15:45 tot 18:45 te kan bloed skenk.
Arlecia November van WP-bloedoortappingsdienste (WPBOD) het gesê: "Die wintermaande is 'n moeilike tydperk vir bloedvlakke en ons wil daarom vir almal vra wat aan die skenkingsvereistes voldoen om asseblief te kom skenk."
WPBOD-personeel het onlangs die geleentheid gehad om vir hul gunsteling koekie te stem in die 'Koekie van die jaar'-kompetisie.
Die wenkoekie sal gedurende Junie by alle bloedskenkklinieke beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'