Gallery
HESSEQUA NUUSFLITS - Die streek het die afgelope paar dae broodnodige reën gekry wat hopelik ook in die opvangsgebied geval het.
Groot dele van die Suid-Kaap gaan nog gebuk onder die droogte en op Riversdal is die Korentepoortdam se vlak besig om skerp te daal. Die laaste lesing was net bo 37%.
Streng waterbeperkings is steeds in plek en die munisipaliteit maan inwoners om daaraan gehoor te gee.
Lees meer in die Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'