STILBAAI NUUS - 'n Inwoner van Riversdal Likkies Gericke, en 'n vriend het op Woensdag 22 November by Stilbaai-Wes by die hawe vis gevang, maar hul stokke per abuis agtergelaat.
"Ons het die stokke teen die bakkie staangemaak toe ons die res van ons goed op die bakkie laai," vertel Likkies Gericke.
Die stokke het egter net daar bly staan toe hulle ry en het hulle eers by die huis agtergekom dat hulle dit nooit opgelaai het nie.
Terug by die hawe het iemand hulle meegedeel dat 'n ouerige man en vrou, wat gereeld daar visvang, die stokke opgetel het.
"Die mense het blykbaar aan die persoon gesê dat hulle my bakkie met die Kekkel en Kraai-logo daarop herken het en dat hulle die stokke vir my sou bring."
Die verlore goedere is drie visstokke met katrolle, waarvan een 'n penkatrol en die ander twee koffiemeul-katrolle is.
Een visstok is blou en die ander twee bruin.
Die stokke is nog nie terugbesorg nie en Gericke vermoed dat hulle dalk nie vervoer na Riversdal het nie.
Hy vra dat hulle hom moet kontak sodat hy dit self kan gaan afhaal.
Skakel hom by 082 873 9076 of 028 713 4350.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'