Gallery
RIVERSDAL NUUS - Drie maats van Riversdal het 'n lekker middaguitstappie te perd na 'n wegneemete-winkel op dié dorp geneem.
Zoë Heyns, Jean-Mari Janse van Rensburg en Tannah Strydom was Vrydag, 19 Februarie lus vir 'n vingerlek-lekker hoendertjie en het dit goed gedink om te perd daarheen te gaan. Al drie is gesoute perderuiters.
Volgens Zoë is dit reeds die vyfde keer wat hulle so 'n uitstappie na die eetplek aandurf.
Fotogalery: Wegneemetes te perd
Aangesien sy volgende week universiteit toe gaan, wou sy hierdie laaste rit op 'n besonderse manier saam met haar maats afsluit. En wat is dan 'n beter manier om die koppe te laat draai?
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'