Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - 'n Vragmotor wat sonder bestuurder aan die loop gegaan het en deur die omheining voor die Travel Lodge in die hoofstaat van Riversdal gebars het, het vanmiddag vir groot konsternasie gesorg.
Volgens Madeleine Bresler, die bestuurder, was sy, haar ma Marlene, dogtertjie Gussie en vriend Martin de Villiers besig om kos te maak op die eerste vloer toe hulle die slag hoor.
Vier mense wat onder in die voortuin besig was om te braai het sonder 'n skrapie ontkom, al is die braaiplek tot niet.
Die bestuurder het glo sowat 50 m op in die straat stilgehou en gou by 'n winkel ingehardloop sonder om die handrem op te trek.
Kyk 'n video hieronder.
Jacques Marais, Franco DAguiar, Eric Nel en Renee Jacobs was besig om in die voortuin te braai toe 'n vragmotor sonder bestuurder deur die tuinmuur bars.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'