Dit spruit daaruit nadat 'n jong grysbokkie dood gevind is langs die skoolbultpad in Hoofweg-Wes. Sy is klaarblyklik vroeg die oggend raakgery. Ironies is daar twee spesiale verkeerstekens langs dié pad opgerig om bestuurders juis bewus te maak van bokkies en skilpaaie wat hier voorkom.
In verskeie kommentare word gevra dat daar drasties opgetree sal moet word om die bokkies, skilpaaie, uile, meerkatte en selfs troeteldiere wat raakgery word, veral op die Stilbaai en Jongensfontein paaie, teen onverskillige motoriste te beskerm.
Wat inwoners verder ontstel het is dat daar ook Sondagoggend 'n Cormorant seevoël op die Stilbaaibrug doodgery is. Een inwoner wat vroegoggend oor die brug is, vertel dat dit baie hartseer was om te sien hoe die voël se maat by die dooie voël sit en treur.
'n Persoon van Engeland het 'n voorstel gemaak dat spoedkalmering en/of spoedbulte moontlik die oplossing kan wees.

Die grysbokkie is vroeg Sondagoggend dood gevind langs die skoolbult in Hoofweg-Wes en is klaarblyklik raakgekry. Inlas: Dié verkeersteken is juis op die pad aangebring om bestuurders bewus te maak van bokkies en skilpaaie op die spesifieke pad.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'