RIVERSDAL NUUS - Jy hoef nie ‘n superhero te wees om iemand se lewe te red nie. Al wat jy hoef te doen, is om ‘n bietjie van jou bloed te skenk!
Riversdallers kan die kans benut op 3 Maart vanaf 14:00 - 18:45 in die burgersentrum.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Vir enige navrae, kontak die Wes-Kaap Bloedskenkdiens (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'