HESSEQUA NUUS - Indien jy ‘n held wil wees wat lewens red, is Dinsdag, 10 November die ideale geleentheid om dit te doen wanneer die volgende bloedskenkkliniek op Albertinia aangebied word.
Die kliniek sal vanaf 14:00 tot 18:00 in die stadsaal gehou word.
Jy hoef nie Albertinia toe te ry indien jy nie daar woon nie, maar kan een van die ander klinieke in die Hessequa-streek wat in jou dorp plaasvind, bywoon.
Heidelberg
Maandag, 30 November in die stadsaal vanaf 12:00 tot 17:30.
Riversdal
Donderdag, 17 Desember in die burgersentrum vanaf 14:00 tot 18:45.
Stilbaai
Maandag, 28 Desember in die munisipale kantore se saal. As gevolg van die feestyd is die tye verander na 13:00 tot 18:00.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'