STILBAAI NUUSFLITS - ’n Waterslim-gemeenskapsinisiatief is in dié kusdorp, asook Jongensfontein van stapel gestuur.
Die eerste van 14 borde, wat die gevaar van sleurstrome aandui is Donderdag 5 Julie by die Preekstoelstrand oorhandig en aangebring.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het in samewerking met Hessequa-munisipaliteit ook tot sewe pienk torpedo-reddingsboeie bygedra wat by die strande aangebring word.
Dié projek is deur Anel Bezuidenhout en Stilbaai se Kiewiet Eiendomsagentskap, geloods na aanleiding van Nigel Francis se verdrinking in Desember 2017 en Stefan Marais s’n in Januarie vanjaar.
Die behoefte bestaan om méér as die huidige sewe boeie aan te bring, terwyl ook gekyk word om twee wit borde wat aandui wanneer kayakke uit is en terug verwag word.
Bezuidenhout, wat die projekbestuurder is, kan hiervoor gekontak word by 072 505 6584 of anel.kiewietproperties@gmail.com.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'