Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die waterkrisis wat Heidelberg se inwoners al vir 'n geruime tyd trotseer, sal hopelik binnekort iets van die verlede wees.
Hessequa-munisipaliteit het die afgelope week alles in hul vermoeë gedoen om die krisis af te weer.
Volgens Grant Riddles, uitvoerende burgemeester, is hul werkers tot laat saans besig om water aan die inwoners te verskaf.
"Ons het nou ongeveer 14 vragmotors, wat ons eie watertrokke, asook melktenke en dié van verskeie munisipaliteite in gebruik om die probleem so gou moontlik op te los."
Volgens hom word die water vanaf Riversdal aangery om die twee plaaslike resevoirs se vlakke op te vul.
Video: Hessequa-munisipaliteit maak planne oor waterkrisis
Die water word vanaf Riversdal aangery om die twee plaaslike resevoirs se vlakke op te vul.
Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'