STILBAAI NUUS - Die aankondiging deur pres Cyril Ramaphosa op Sondagaand, 27 Junie dat die hele land weer na vlak 4 gaan, was vir baie Wes-Kaapse inwoners 'n onaangename verrassing.
In 'n onderhoud met Suid-Kaap Forum het Rachel Wall, voorsitter van Stilbaai-sakekamer onder andere gesê dat die sakekamer bekommerd is oor die beduidende ekonomiese, sielkundige en sosiale gevolge van die aankondiging.
Alle sakeondernemings in Stilbaai word negatief geraak as in ag geneem word dat dit ‘n rippeleffek op die aanvoer en waardeketting van toerisme, restaurant- en drankwinkel-eienaars in die dorp het.
Selfs die suksesvolle inisiatiewe om sakelui te ondersteun gedurende die eerste twee inperkings is nie meer voldoende of uitvoerbaar nie.
Eienaars van besigheidskomplekse is self onder enorme druk as gevolg van die inperkings en ‘werk van die huis’ inisiatiewe. Fondse vir finansiële hulp is ook uitgeput.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'