SUID-KAAP NUUS - 51 Verpleegkundiges en bestuurders van hospitale, aftreeoorde en ouetehuise van oor die Suid-Kaap het 'n inligtingsessie oor CPD-punte en nuwe kursusse op Oudtshoorn by Emmanuel-verpleegskool bygewoon.
Sr. Annemie de Wet, hoof van die verpleegskool het die nasionale kwalifikasie raamwerk bespreek, asook nuwe kursusse wat aangebied gaan word.
Sr. Colleen Fourie het waardevolle inligting oor CPD (Continuing Professional Development) punte verskaf wat vanaf 2019 vir alle opgeleide verpleegsters verpligtend gaan wees, terwyl sr. Dianne Segall die gehoor ingelig het oor die kursusse by die verpleegskool. Aanwesiges het die geleentheid positief, insiggewend en leersaam gevind.
Vir navrae kan De Wet of Fourie gekontak word by 044 272 8884 of 083 564 6175.
Agter, van links is sr. Sarette Ehlert (verpleegdiensbestuurder: Hartenbos-versorgingsoord), sr. Colleen Fourie, sr. Sophia Gelderbloem (Albertinia-versorgingsdienste), Johan Jacobs (bestuurder: Hartenbos-versorgingsoord en bestuurslid van BAASK), sr. Retha Nel (verpleegdiensbestuurder: Hartenrus-aftreeoord, Hartenbos en bestuurslid BAASK). Voor: Sr. Dianne Segall (Emmanuel-verpleegskool) en sr. Annemie de Wet.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'