HESSEQUA NUUS - Vyf persone is die afgelope naweek in die Suid-Kaap vir verskeie oortredings van die pad- en verkeersreëls vervolg.
Twee motoriste van Mosselbaai is in hegtenis geneem vir roekelose en nalatige bestuur, nog een vir die besit van vals dokumentasie en nog een vir die besit van dagga.
Een persoon is by Swellendam in hegtenis geneem vir dronk- en oproerige gedrag.
Verskaf deur Wes-Kaap verkeershoof Kenny Afrika.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'