STILBAAI NUUS - Verskeie menings en bespiegelinge doen die ronde oor wat die oorsaak van die brand op Oujaarsnag/Nuwejaarsoggend in die kusdorp naby Hoofweg-Wes veroorsaak het.
Sommige mense meen dat dit vuurwerke was, ander beweer dat dit 'n fakkel (flare) was wat op bote en skepe gebruik word om 'n noodsein uit te stuur.
Die fakkels moet blykbaar jaarliks vervang word met nuwes. Sou dit dan die geval wees dat dit wel 'n fakkel was, beteken dit dat die persoon dit onwettig gebruik het.
By navraag aan Hessequa-munisipaliteit het Susan Geldenhuys, woordvoerder gesê dat dit nie moontlik is om te bepaal wat die brand veroorsaak het nie. Die ondersoek na die voorval is afgelas.
Van die kommentare op sosiale media
Die brand was so onnodig... Die idioot wat die flare afgevuur het, moet regtig trots op hom self wees...;
Julle beskuldig vuurwerke al het julle nie clue nie. Niemand het nog iemand daar iets sien afvuur nie. Ek het al baie bosslapers daar sien ingaan en dink kans is baie groter dat dit hul vuur was wat dit veroorsaak het;
Stop alle vuurwerke asb!;
Dit was 'n fakkel (flare) wat brand veroorsaak het en heel moontlik een wat 'verval' het, aangesien bote jaarliks nuut uitgerus moet word met die soort ding. As fakkels ingehandig en vernietig en slegs verkoop word aan mense wat 'n skipperlisensie toon, kan sulke voorvalle geminimaliseer en beheer word."
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'