Die groep het uitgehelp by Soeterus en Stillerus versorgingsoorde, asook by die plaaslike apteek (een van die studente wat vir apteker studeer). Hulle het ook domino's geleer speel, aangesien hulle nie dié gewilde spel geken het nie en het die bejaardes dit geniet om die jongmense te leer. Die studente het vir elke inwoner 'n naambord gemaak wat bokant hul beddens opgehang is.
Die studente is deel van die Dreamcatcher ontwikkelingsprogram wat bestuur word deur oud-inwoner Anthea Rossouw.
Die missie van Dreamcatcher is om die wêreld deur middel van aksie te verander, veral as dit kom by armoedverligting, asook om 'n beter en volhoubare toekoms te bou. Van die ontwikkelingsprojekte waarmee hulle gemoeid is, sluit in Homestays with Kamamma; Cookup with Kamamma; Crafting with Bhuti and Sisi; Dreamcatcher kids en die werk-en-speel vrywilliger programme. Al die projekte is gemeenskapsgebasseerde projekte wat poog om plaaslike gemeenskappe te bemagtig.
Die studente van Drury wat in Melkhoutfontein as vrywilligers gewerk het.