Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Lede, sowel as leiers van die politieke party Vryheidsfront Plus, het Saterdag 30 Junie die dorp met groot gejuig laat druis.
Die Kersfeeskore-orkes, Royal Crusaders het die optog deur die dorp gelei.
Dr. Corné Mulder, Wes-Kaap-leier van die party het gesê dat dit vir hulle belangrik is om sigbaar te wees en daarom het hulle ’n kantoor op die dorp oopgemaak.
Dié dorp is sentraal geleë en maklik toeganklik.
Mense is welkom om die kantoor wat in Van den Berg straat 27 geleë is, te besoek.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'