HEIDELBERG NUUS - Die Demokratiese Alliansie (DA), wyke 4, 5 en 9 het Woensdag 9 Augustus ‘n funksie by die stadsaal aangebied waar vroue vereer is.
Verskeie items is deur plaaslike kunstenaars opgevoer en sprekers het vroue met hul getuienisse bemoedig.
Alexia Howe het oor haar pad met kanker en ander uitdagings rondom haar gesondheid getuig.
Charlotte Cellie het haar getuienis gedeel rondom uitdagings om werk te kry. Vandag staan sy as direkteur van haar eie onderneming.
Nadia van Dyk, vrywillige werker by die traumakamer, het vertel hoe vrouens slagoffers van geweld is en nie weet hoe om uit situasies te kom nie. Sy moedig die gemeenskap aan om hulle oë oop te hou en mishandeling te rapporteer.
“Ons is ‘n familie. Moenie ‘n blinde oog hê vir wat om jou aangaan nie.”
ARTIKEL & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORREPSONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'