Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die vroue landbou vereniging Riversdaltak het onlangs groot pret tydens hul leefstyl portefeulje byeenkoms gehad. Lede en vroue uit die gemeenskap het deelgeneem.
Wenke oor haar- en velsorg is gedeel en selfs nuwe skoonheidsprodukte en tegnieke is bespreek.
Die bekende ‘klerekas onderwerp’ is uiteengesit en daar is mooi verduidelik wat jy altyd in jou kas moet hê.
Verskeie vroue het elke styl wat bespreek is ten toon gestel deur soos regte modelle deur die gehoor te stap.
Amanda van Zyl.
Anna-Marié Riekert met die klassiek-romantiese styl.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'