Haar omstandighede sedert haar kinderdae was glad nie soos die spreekwoordelike maanskyn en rose nie, maar, hoe dit ook al sy, het dit nie vir Helene Hendricks (70) weerhou om soos ’n arend haar vlerke te sprei en haar drome na te streef nie.
Die immergroen en gewilde Hendricks wat alombekend is as “Ant Kandas” in die dorp sowel as oor die Suid-Kaap streek, vertel dat sy by twee van haar ooms grootgeword het nadat haar ma gesterf het toe sy maar nog ’n snuiter was. Dis glo een van die ooms wat haar die naam Kandas gegee het. Sy is egter nie seker wat hom besiel het om die naam aan haar te gee nie.
“Ek het nie ‘n ma geken wat my ’n drukkie kon gee nie en daarom gaan ek uit my pad uit om ander mense en veral kinders met liefde te omhels” benadruk die ystervrou, ma en grootouer van ses kinders, 16 kleinkinders en vyf agterkleinkinders.
Volgens Hendricks wat ’n groot aanhanger en praktisyn van die gesegde “aanhouer wen” is, is sy sedert die begin van die Abet program betrokke by die instansie en het sy alreeds vele kursusse voltooi. Sy is huidiglik besig met haar gr 12 onderrig, dit, nadat sy al jare terug gr 8 (die ou std 6) by die destydse Stewart Primêr voltooi het. Daarna het sy by verskeie werksplekke gewerk, waaronder fabrieke in Ashton, restuarant in Heidelberg sowel as by die plaaslike te huis vir bejaardes.
In November 1964 op 19 jarige ouderdom tree sy as me. Scholtz met haar groot liefde, Samuel Hendricks in die huwelik en moes sy behalwe vir een jaar, 32 jaar as ma en pa vir haar kroos op tree aangesien haar eggenoot by Spoornet, uitstedig werksaam was.
Kandas noem verder dat sy die entrepreneursvakke, waaronder, Reis en Toerisme haar groot passie asook Afrikaans en Geskiedenis voltooi het. “Ek het wel laasgenoemde vakke herhaal, maar, dit het my nie ontmoedig nie, aanhouer wen mos”. Sy vertel ook verder dat sy dit geniet om kennis op te doen om haarself beter te bemagtig en beoog sy om die laaste twee vakke, Engels en Biologie, volgende aan te pak om sodoende haar droom as matrikulant te verwesenlik.
Sover haar passie om haar in die gasvryheidsbedryf te begewe, beklemtoon sy dat dit nie vir haar gaan om hope geld te maak nie, maar, liewer datsy dit doen omdat sy ’n groot liefde het vir mense, hetsy van watter ras, kleur, kultuur of geloofsoortuiging.
Gepols oor wat haar gunsteling Skriflesing is, het hierdie merkwaardige vrou wat ook bekendheid op die plaaslike streeksradio, Eden FM, verwerf het, 1 Korinthiërs 10 vers 13 onomwonde uitgewys. Hendricks wat al sedert haar jeugdige jare baie gelowig is en rotsvas in haar Maker glo en vertrou, haal graag bogenoemde Skriflesing aan as motivering vir almal, maar, veral vir diegene wat moedeloos en wanhopig is oor hul omstandighede.
Laastens glo ant Kandas dat haar liefde vir die jeug aangespoor was met die afsterwe van haar enigste broer, Freddie Vollenhoven, wat op jeugdigeouderdom in 1968 in ’n ongeluk op die N2 op sy fiets omgery is terwyl hy op pad kerk toe was.
Elke dag, na 10:00 gaan ons ‘n vraag op Facebook vra. Die antwoord kan in die artikel hier bo gekry word. Die eerste 5 vroue wat die vraag korrek antwoord sal in aanmerking kom vir die pryse.
Die wenners sal elke dag na 14:00 op Facebook aangekondig word.
• Kompetisie slegs geldig vir SA-inwoners, met ‘n geldige ID, oor die ouderdom van 18 jaar.
• Pryse slegs geldig soos aangedui op die borg se geskenkbewys.
• Pryse is nie onderhandelbaar nie en kan nie omgeruil word vir kontant nie.
• Geen familie en werknemers van Group Editors en die borge mag aan die kompetisie deelneem nie.
• Wenners wat daagliks op Facebook aangekondig word, moet binne 24 uur met ons kontak maak via Facebook ‘Inbox’ met hul kontakbesonderhede (telefoonnommer en e-posadres).
Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op hierdie dag in 1956 om petisie aan te teken teen wetgewing wat Afrikane verplig het om 'n pas te dra.
In 2006 is die optog herhaal om die 50 jaar viering te gedenk. Baie van die veterane wat in 1956 deelgeneem het, het die geleentheid bygewoon.