RIVERSDAL NUUS - ‘n Vrou van Delft in Kaapstad is Sondagaand na ‘n botsing op die N2 sowat 3 km buite Riversdal oorlede.
Een van twee voertuie het na bewering ‘n vragmotor verbygesteek toe dit reg van voor teen die ander voertuig gebots het.
Die vrou, ‘n passasier in ‘n Fiat Uno, moes met meganiese toerusting uit die voertuig gehaal word.
Sy het in die ambulans op pad hospitaal toe aan haar beserings beswyk. Die ander insittendes in die motors is ernstig beseer.
• Lees meer op Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'