Van Huysteen was onderweg huis toe vanaf Lappiesbaai Restaurant waar sy saam haar ma, Leatitia de Kock die restaurant bestuur. Volgens inligting blyk dit of sy beheer verloor het oor die voertuig en dit oor en deur verskeie van die paaltjies langs die pad beweeg is waarna dit op die rotse langs die rivier tot stilstand gekom het. Die voertuig is erg beskadig en sal waarskynlik afgeskryf word.
Die ongeluk het volgens Rico Menezies, stasiebevelvoerder van die plaaslike NSRI, Stasie 31 om 20:15 gebeur. Die NSRI is deur inwoners geskakel en was blitsig op die toneel. Dr. Fanie Fourie was ook gou op die toneel, waarna die EMS en Metro nooddienste ook opgedaag het om bystand te verleen.
Suid-Kaap FORUM is om 20:30 van die ongeluk in kennis gestel. Die nooddienste en NSRI-personeel het haar op die toneel gestabiliseer en met 'n draagbaar na bo geneem, waarna sy per ambulans na Riversdal Hospitaal vervoer is. Sy is daarna oorgeplaas na George provinsiale hospitaal, waar sy vir etlike ure in die teater was. Volgens haar ma, Laetitia, is haar regterarm ernstig beseer en sal sy later die week weer operasies moet ondergaan. Haar bladbeen is ook gebreek, maar klaarblyklik het sy geen rug- of nekbeserings opgedoen nie.
In gesprek met a.o. Tekkie Grebe van Stilbaai polisie noem hy dat geen dossier geopen word nie, omdat geen drank betrokke was of roekelose- en/of nalatige bestuur nie. Hy het aan die koerant die versekering gegee dat dit 'n ongeluk was.
Die familie het aan Suid-Kaap FORUM gevra om hul dank uit te spreek aan Menezies en sy span van die NSRI, die plaaslike polisie, dr. Fourie, EMS en Metro nooddienste vir hul vinnige optrede en professionaliteit. Myra Prinsloo, Ian Williams en Gielie Groenewald word ook bedank vir hulle hulp en bystand op die toneel.

Mariska van Huysteen se voertuig nadat dit vroeg Woensdagoggend, 23 Oktober vanaf die rotste langs die Goukourivier in Stilbaai-Oos verwyder is. Die inlaste wys (links) die voertuig se voorkant en (regs) die voertuig se agterkant. Foto's: Louise Mouton.
* IN SHORT
A resident of Stilbaai, Mrs. Mariska van Huysteen (35) sustained serious injuries after the vehicle she was driving landed on the rocks next to the Goukou River in Stilbaai-East. It appears that she lost control of the vehicle. She already underwent intensive surgery on her right arm. Local NSRI, Dr. Fanie Fourie and emergency services responded quickly to the call out. After she was stabilised on the scene, she was transported per ambulance to Riversdale Hospital where she was transferred to the George Provincial Hospital for treatment. The family wish to thank all involved for their help and support.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'