Gallery
SUID-KAAP NUUSFLITS - Die vreugdevure het Saterdagmiddag 26 Augustus hoog in Heidelberg se rugbykamp gebrand nadat hulle vir George in die Presidentsliga-eindstryd op Outeniquapark met 28-20 geklop het.
Die wenspan het aanskoulike hardlooprugby gespeel en vier pragdrieë gedruk.
In die tweedeliga-eindstryd het Heidelberg ook vir George in 'n naelbytstryd met 18-17 getroef.
Heidelberg speel volgende jaar dus in die Premierliga nadat hy in 2008 laas daar deelgeneem het.
Die skeidsregter, Francois Davids het in die eerste helfte van die wedstryd vir Simon du Toit en die oud-Arend, Lyndon Hartnick (agtsteman), albei van Heidelberg, met geelkaarte van die veld gestuur.
Gershom van Rooyen (regtervleuel) is aangewys as speler van die wedstryd.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ANDRÉ STANDER, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Suidkaap nuus'