HESSEQUA NUUS - 'n Ligte vragmotor het kort na 17:00 vanmiddag, 20 November, omgeslaan op die N2-snelweg ongeveer 5km vanaf Albertinia.
Volgens AO Ciska Badenhorst, woordvoerder vir die Albertinia-polisie was 2 groot vragmotors besig om mekaar verby te steek. Die ligte vragmotor moes uitswaai en die besuurder het beheer verloor en die ligte vragmotor het omgeslaan.
Daar was twee mense in die ligte vragmotor en volgens Badenhorst is niemand ernstig beseer.
Die polisie, nooddienste en verkeersdienste was teen 18:40 nog op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'