Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die Riversdal Voortrekkerkommando het Vrydag 26 Julie hul 56ste bestaansjaar in egte Vorie-tradisie gevier.
Daar was ’n vlagseremonie, lekker boeremusiek deur Maggie en Wim Filmalter en smullekker kos.
Nasionale Voortrekkerleier dr. Danie Langner het pittig die geskiedenis van die land en die jeugbeweging toegelig.
Hy het ook sertifikate vir offisiere wat oor baie jare diens gelewer het oorhandig.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'