HESSEQUA NUUS - Vakansietyd moet 'n tyd van pret, plesier en ontspanning wees, maar ongelukkig gebeur tragedies soos 'n verdrinking soms en word dit 'n tyd van rou... en soms selfverwyt omdat jy jou nie aan 'n paar eenvoudige reëls gesteur het wat op strande van toepassing is nie.
Hoewel lewensredders by meeste strande gedurende vakansietye diens doen, moet vakansiegangers onthou dat dit slegs binne sekere tydgleuwe geskied.
Die Hessequa Lifesaving Surf Club wat oor 45 lewensredders gekwalifiseerde lewensredders beskik, doen diens vanaf Vrydag 8 Desember tot Vrydag 12 Januarie by die verskillende strande.
Wees veilig
• Swem tussen die afgebakende vlae omdat dit ook op strand die veiligste plek is.
• Afbakening verskuif dikwels omdat hoog- en laagwater die gety beïnvloed en die strand op die beste moontlike plek afgebaken word.
• Maak seker dat jy weet waar jou kind is.
• Moenie jou kinders sonder toesig net by die strand gaan aflaai nie.
• Beskerming teen die son, soos sambrele en sonblok of beskermingsrome is baie belangrik.
• Wees versigting vir rotse in die see, veral by Jongensfontein en Gouritsmond omdat dit jou kan sny.
Lewensredders kan persone behandel wat op 'n bloublasie getrap het, maar as jy vir bysteek allergies is, kan jy ook vir 'n bloublasie allergies wees. Besoek so gou moontlik 'n geneesheer.
Vissermanne moet 100 m buite die afgebakende gebied hengel. Die gevaar bestaan dat swemmers met 'n vishoek beseer kan word en haaie na die swemgebied lok.
Waar doen lewensredders diens?
• Strande: Lappiesbaai (hoofstrand), Preekstoel, Witsand, asook Stilbaai-wes, Gouritsmond, Jongensfontein en Lappiesbaaimond, die getypoele by Gouritsmond en Witsand.
• Swembaddens: Takkieskloof en De Mist en Heidelberg.
Aantal lewensredders
- 8 Desember tot 19 Desember 2017 en weer vanaf 3 tot 12 Januarie 2018: Lappiesbaai (4), Preekstoel (2), Witsand (3), Gouritsmond (2), Stilbaai-Wes (2); Jongensfontein (2), Lappiesbaaimond (2); by getypoele (2 elk ).
- 20 Desember 2017 tot 2 Januarie 2018: Lappiesbaai (6); Preekstoel (4), Witsand (4); Gouritsmond (3); Stilbaai-Wes (2); Jongensfontein (3); Lappiesbaaimond (3); by elke getypoel (2).
Tye
Slegs tussen 09:00 tot 18:00. Daarna swem persone op eie risiko.
Inligting verskaf deur Caville Abrahams, voorsitter/instrukteur.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'